- Industry: Government
- Number of terms: 33950
- Number of blossaries: 0
- Company Profile:
United States Department of Health and Human Services, Radiation Emergency Medical Management
'n Tipe medikasie wat gebruik word om simptome van psigose te behandel. Dit sluit in hallusinasies (gesigte, geluide, reuke, smake of aanrakings wat 'n persoon glo werklik is, maar nie werklik is nie), delusies (valse geloof in die egtheid van denkbeelde) en dementia (verlies aan die vermoë om te dink, onthou, besluite te maak en probleme op te los). Die meeste antipsigotiese middels blokkeer die werking van sekere chemikalieë in die senuweestelsel. Ook bekend as antipsigotiese agent en neuroleptiese agent.
Industry:Health care
'n Weefsel met rooibloedselle, witbloedselle, plaatjies en ander stowwe wat in 'n vloeistof (plasma) in suspensie gehou word. Bloed neem suurstof en ander voedingstowwe na die weefsels en dra afvalstowwe weg.
Industry:Health care
'n Soort medikasie wat gebruik word om simptome van 'n psigose te behandel. Simptome sluit die volgende in: hallusinasies (gesigte, geluide, reuke, smake of aanrakings wat 'n persoon glo die werklikheid is, maar nie die werklikheid is nie), delusies (valse gelowe) en dementia (verlies aan die vermoë om te dink, onthou, leer, besluite te maak en probleme op te los). Die meeste antipsigotiese agente blokkeer die werking van sekere chemikalieë in die senuweestelsel. Ook bekend as antipsigotiese en neuroleptiese agent.
Industry:Health care
'n Toets om die hoeveelheid van rooibloedselle, witbloedselle en plaatjies in 'n bloedmonster vas te stel. Ook bekend as CBC en volle bloedtelling.
Industry:Health care
'n Chroniese siekte waarby 'n persoon 'n drang koester vir drankies wat alkohol bevat en in nie in staat is om sy of haar gedrinkery te beheer nie. 'n Persoon met hierdie siekte het groter hoeveelhede nodig om dieselfde effek te kry en kry onttrekkingsimptome nadat alkoholverbruik gestaak is. Alkoholisme affekteer fisiese en geestelike gesondheid en kan probleme met familie, vriende en in werksverband hê. Gereelde uitermatige alkoholinname verhoog die risiko om verskeie tipes kanker op te doen. Ook bekend as alkoholverslawing.
Industry:Health care
Behandeling met medikasie wat die vermoë van die menslike immuungebrekvirus (HIV) of ander tipes retrovirusse inhibeer om in die liggaam te vermenigvuldig.
Industry:Health care
'n Prosedure waarin 'n monster bloed bestudeer word om die hoeveelhede van sekere stowwe wat in die liggaam vervaardig word, te bepaal. 'n Abnormale hoeveelheid van 'n stof kan 'n teken wees van siekte in die orgaan of weefsel wat dit vervaardig.
Industry:Health care
Elkeen van 'n klas organiese verbindinge wat die aldehidegroep -CHO bevat; hulle is neutrale stowwe, meestal vloeistowwe, met 'n skerp, soms aangename geur, is min of meer oplosbaar in water en word berei deur die oksidasie van 'n primêre alkohol. Aldehides is gevind in noodsaaklike olies (gegeur vloeistof wat van plante afkomstig is).
Industry:Health care
Imflammasie van die prostraatklier wat skielik begin en vinnig vererger. Dit word deur 'n bakteriële infeksie veroorsaak. Simptome sluit die volgende in: koors en koue rillings, liggaamspyne, pyn in die laer rug en gedeeltes digby die geslagsorgane, brandgevoel gedurende urinering en probleme om die blaas heeltemal leeg te maak.
Industry:Health care