- Industry: Government
- Number of terms: 33950
- Number of blossaries: 0
- Company Profile:
United States Department of Health and Human Services, Radiation Emergency Medical Management
'n Stof wat oksidasie teëgaan, veral so 'n stof wat gebruik word om te voorkom dat rubber suurstof uit die lug opneem en dan brokkelrig en minder elasties word; antioksigeen. Dit beskerm selle teen beskadiging veroorsaak deur vrye radikale (onstabiele molekules wat deur die proses van oksidasie gedurende normale metabolisme gevorm word). Vrye radikale kan 'n rol speel in kanker, hartsiekte, beroerte en ander verouderingsiekte. Antioksidante sluit die volgende in: betakaroteen, lisopene, vitamiene A, C en E, en ander natuurlike en vervaardigde stowwe.
Industry:Health care
'n Tipe proteïen gevind in bloed, eierwit, melk en ander stowwe. Albumien is belangrik in die handhawing van 'n normale osmotiese druk in die bloed .
Industry:Health care
'n Spesifieke punt op die liggaam waat 'n akupunktuurnaald ingesteek kan word om pyn en ander simptome te beheer. Ook bekend as akupunt.
Industry:Health care
Medikasie wat gebruik word om infeksies te behandel wat deur bakterieë en parasiete veroorsaak word. Dit word gebruik vir die behandeling van sekere kankersoorte.
Industry:Health care
Blaar, gewoonlik enigeen van die blare wat veroorsaak word deur die virus(siekte) herpes simplex, en gepaard gaan met of volg op koors (onderskei as herpes febrilis), koorsigheid, verkoue of sonbrand, veral aan die lippe (onderskei as herpes labialis), in die mondholte en aan die neusvleuels. Dit kan veroorsaak word deur wrywing, hitte of siektes van die vel. Ook bekend as velvesikel.
Industry:Health care
'n Vlugtige, bedwelmende gistingsproduk in sterk drank, veral toegepas op etielalkohol, wat uit druiwesap en ander suikerhoudende vloeistowwe deur gisting en distillasie verkry word en wat behalwe in drank ook gebruik word as oplosmiddel in die chemiese en farmaseutiese bedryf, as grondstof vir derivate en as brandstof. Alkohol bevat 'n koolstofatoom vasgeheg aan 'n hidroksielgroep ('n molekule bestaande uit 'n suurstofatoom en 'n waterstofatoom).
Industry:Health care
Deel van die geraamte van 'n werweldier wat in die middel van die voorste deel van die borswand lê teenoor die ruggraat. Die borsbeen is vasgeheg aan die eerste sewe ribbe aan die voorkant; ook bekend as die sternum.
Industry:Health care
'n Prosedure waarby medikasie, vitamiene, kruie-ekstrakte of ander vloeistowwe in die liggaam by 'n akupunktuurpunt ingespuit word deur 'n spuit en naald te gebruik.
Industry:Health care
'n Stof wat verhoed dat selle progesteroon ('n hormoon wat 'n rol speel in die menstruale siklus en swangerskap) vervaardig of gebruik. Antiprogestiene kan sekere kankerselle verhoed om te groei; dit word bestudeer vir die behandeling van borskanker. 'n Antiprogestien is 'n tipe van hormoon-antagonis.
Industry:Health care
'n Geswel of 'n vol gevoel in die buik. Opgeblaasdheid is normaalweg die resultaat van gas in die ingewande en kan, onder andere, deur ooreet, laktose-intoleransie en hardlywigheid veroorsaak word. Opgeblaasdheid kan ook 'n newe-effek van kanker of kankerbehandeling wees.
Industry:Health care