- Industry: Government
- Number of terms: 33950
- Number of blossaries: 0
- Company Profile:
United States Department of Health and Human Services, Radiation Emergency Medical Management
'n Tipe medikasie wat selgroei blokkeer deur mitose (selverdeling) te beëindig. Hulle word gebruik om kanker te behandel. Ook bekend as mitotiese inhibeerder.
Industry:Health care
'n Gedeelte van die bors wat die lobules (die kliere wat melk vervaardig) bevat.
Industry:Health care
Blokkering van die vorming van neoplasmes (gewasse wat kanker kan word).
Industry:Health care
'n Chroniese siekte gekenmerk deur skielike aanvalle van kortasemigheid en benoudheid, veral toegepas op brongiale asma (allergiese, krampagtige of lugpypasma). Ook 'n allergiese siekte, waarby die benoudheid gepaard gaan met 'n piepende, brommende, fluitende, hygende asemhaling, veroorsaak deur swelling van die slymvlies van die klein lugpyptakkies, deur krampagtige sametrekking van die spiere van hierdie vertakkings en deur die taai slym wat daarin afgeskei word en benoudebors of kortasemigheid tot gevolg het. 'n Aanval kan veroorsaak word deur troetedierhare, stof, rook, stuifmeel, skibbel, oefening, koue lug of stres.
Industry:Health care
'n Klein gedeelte van 'n lob in die bors. 'n Borslobule is 'n klier wat melk vervaardig.
Industry:Health care
'n Spesifieke punt op die liggaam waar 'n akupunktuurnaald ingesteek kan word om pyn en ander simptome te beheer. Ook bekend as akupunktuurpunt.
Industry:Health care
'n Soort antikankermedikasie wat selgroei blokkeer deur met DNA, die genetiese materiaal in selle, in te gryp. Ook bekend as antikanker--, antibiotika en antigewas-antibiotika.
Industry:Health care
Chirurgie om die vorm van die bors ná 'n mastektomie weer op te bou.
Industry:Health care
Die toepassing van druk of plaaslike massering aan spesifieke areas op die liggaam om simptome soos pyn of naarheid te beheer. Dit is 'n soort aanvullende en alternatiewe medikasie.
Industry:Health care
Koleksi yang abnormal cairan antara lapisan tipis jaringan (pleura) lapisan paru-paru dan dinding rongga dada.
Industry:Health care