- Industry: Government
- Number of terms: 33950
- Number of blossaries: 0
- Company Profile:
United States Department of Health and Human Services, Radiation Emergency Medical Management
'n Klein molekule gemaak van twee koolstof-, twee waterstof- en een suurstof-atome. Asetielgroepe word bygevoeg tot of verwyder van ander molekules en kan die manier affekteer waarop die molekules in die liggaam funksioneer.
Industry:Health care
Medikasie wat gebruik word om infeksies te behandel wat deur bakterieë en ander mikro-organismes veroorsaak word.
Industry:Health care
'n Stof wat van 'n lewende organisme of sy produkte gemaak wrd en gebruik word in die voorkoming, diagnose of behandeling van kanker en ander siektes. Biologiese medikasie sluit antiliggaampies, interleukiene en entstowwe in. Ook bekend as biologiese agent.
Industry:Health care
'n Hormoon wat in die pituïtêre klier geproduseer word. Adrenokortikotropiese hormone funksioneer op die buitenste gedeelte van die adrenale klier om die vrystelling van kortikosteroide-hormone te kontroleer. Meer Adrenokortikotropiese hormone word gedurende tydperke van stres geproduseer. Ook bekend as ACTH en kortikotropien.
Industry:Health care
'n Chemiese reaksie waarin 'n klein molekule bekend as 'n asetielgroep by ander molekules gevoeg word. Asetielasie van proteïene kan affekteer hoe hulle in die liggaam funksioneer.
Industry:Health care
'n Proteïen wat deur plasmaselle ('n soort witbloedsel)geproduseer word in reaksie op 'n antigeen ('n stof wat veroorsaak dat die liggaam 'n spesifieke immuunreaksie voortbring). Elke teenliggaam kan aan slegs een spesifieke antigeen bind. Die doel van hierdie binding is om die antigeen te help vernietig. Sommige antiliggaampies vernietig antigene direk. Ander maak dit makliker vir witbloedselle om die antigeen te vernietig.
Industry:Health care
'n Opsomming van die biologiese funksionering van 'n sekere stof. 'n Biologiese profiel kan van pasiëntinligting of van toetse in laboratoriums of op diere afkomstig wees.
Industry:Health care
Die toestand om op jou hoede te wees en gereed om te reageer, of ontwaking uit slaap.
Industry:Health care
Behandeling met 'n teenliggaam, 'n stof wat direk spesifieke gewasselle kan vernietig of die immuunstelsel kan stimuleer om gewasselle te vernietig.
Industry:Health care