- Industry: Government
- Number of terms: 33950
- Number of blossaries: 0
- Company Profile:
United States Department of Health and Human Services, Radiation Emergency Medical Management
In mediese terme verwys dit na 'n inenting wat na 'n vorige inenting gegee word. 'n Booster help om 'n verdedigende immuunreaksie te handhaaf of te verhoog.
Industry:Health care
Medikasie wat pyn en koors (maar nie inflammasie nie) verminder. Dit behoort aan die familie van medikasie wat as analgetika bekendstaan.
Industry:Health care
Medikasie wat gebruik word om die simptome van angs te verlig, soos gevoelens van vrees, ongemaklikheid en spiersametrekkings wat as 'n reaksie teen stres kan plaasvind. Die meeste anti-angs-agente blokkeer die werking van sekere chemikalieë in die senuweestelsel. Ook bekend as angsiolitiese en angsiolitiese agent.
Industry:Health care
'n Stof wat van 'n lewende organisme of sy produkte gemaak en gebruik word in die voorkoming, diagnose of behandeling van kanker en ander siektes. Biologiese agente sluit teenliggaampies, interleukiene en entstowwe in. Ook bekend as biologiese agent en biologiese medikasie.
Industry:Health care
Het betrekking op of gemaak deur die buitenste laag van die adrenale klier wat steroïedhormone vervaardig. Daar is 'n adrenale klier bo-op albei niere.
Industry:Health care
'n Soort aanvullende en alternatiewe medikasie wat plantolies gebruik wat sterk, aangename reuke afgee om ontspaning en 'n gevoel van welstand asook genesing te bevorder.
Industry:Health care
'n Ernstige geestessiekte gekenmerk deur onstabiele buite en impulsiewe gedrag. Mense met GPV het probleme met verhoudings, familie- en werkslewe, langtermynbeplanning en selfidentiteit. Simptome sluit erge woede-uitbarstings, depressie en angs in wat tot selfbeserings of selfmoord, dwelm- of alkoholmisbruik, uitermatige geldspandering, ooretery of riskante seks kan lei. 'n Person met GPV wat met kanker gediagnoseer is kan 'n verhoogde risiko van selfmoord in die gesig staar. Ook bekend as GPV.
Industry:Health care
Iets wat apoptosis verhoed. Apoptosis is 'n soort selsterfte waar 'n reeks molekulêre stappe in 'n sel tot sy sterfte lei.
Industry:Health care
Het betrekking op biologie of lewe en lewende dinge/organismes. In mediese terme verwys dit na 'n stof wat van 'n lewende organisme of sy produkte gemaak is. Biologiese stowwe kan gebruik word om die simptome van 'n siekte te verhoed, diagnoseer, behandel of verlig. Byvoorbeeld: Teenliggaampies, interleukienes en entstowwe is biologiese stowwe. Biologies verwys ook na ouers en kinders wat deur bloed verwant is aan mekaar.
Industry:Health care