- Industry: Government
- Number of terms: 33950
- Number of blossaries: 0
- Company Profile:
United States Department of Health and Human Services, Radiation Emergency Medical Management
'n Meting van die hoeveelheid minerale (hoofsaaklik kalsium en fosfor) wat in 'n sekere volume van been bevat word. Beenmassa-metings word gebruik om osteoporose ('n toestand gekenmerk deur 'n verminderde beenmaassa), om te siek hoe goed osteoporosebehandelings werk en om te voorspel hoe waarskynlik die bene sal breek. Lae beenmassa of -digtheid kan in pasiënte voorkom wat vir kanker behandel word. Staan ook bekend as BMD, beendigtheid en beenmineraaldigtheid.
Industry:Health care
'n Geslote (toe) versameling van etter in weefsels, organe of afgesonderde ruimtes in die liggaam; etter is stof afgeskei deur 'n verswering wat uit selle, bakterieë en afgebreekte weefsel bestaan. 'n Abses is 'n teken van infeksie en is normaalweg geswel en ontsteek.
Industry:Health care
'n Entstof gemaak van teenliggaamplies wat ander teenliggaampies as die antigeen beskou en daaraan vasheg. Anti-idiotipiese entstowwe kan die liggaam stimuleer om teenliggaamplies teen gewasselle te vervaardig.
Industry:Health care
In lewende selle, chemiese reaksies wat help om lewe volhoubaar te maak en selle te laat groei.
Industry:Health care
Een van die twintig algemene aminosure (boublokke vir proteïene). Arginien word bestudeer as 'n voedsame aanvulling in die behandeling en voorkoming van kanker en ander toestande. Staan ook bekend as L-arginine.
Industry:Health care
'n Meting om die risiko te bepaal waarvolgens 'n sekere gebeurtenis kan plaasvind. In kankernavorsing, is dit die waarskynlikheid dat 'n persoon wat vry is van 'n sekere soort kanker in 'n gegewe ouderdom hierdie kanker oor 'n sekere tydsverloop wel sal opdoen. Byvoorbeeld, 'n 35-jarige vrou met geen bekende risikofaktore vir borskanker nie, het 'n absolute risiko om borskanker oor 'n leeftyd van 90 jaar deur sowat 13.5% op te doen, bedoelende dat een uit elke sewe vroue borskanker sal opdoen.
Industry:Health care
'n Verhoging in die bloedvlak van PSA (prostraatspesifieke-antigene) in prostraatkankerpasiënte ná behandeling met chirurgie of bestraling. Biochemiese herhaling kan voorkom in pasiënte wat nie simptome het nie. Dit kan beteken dat die kanker teruggekeer het. Staan ook bekend as biochemiese terugval en PSA-mislukking.
Industry:Health care
Die buitenste deel van die adrenala skier ('n klein orgaan bo-op elke nier). Die adrenale korteks produseer androgeen en kortikosteroide-hormone.
Industry:Health care
'n Meting van die hoeveelheid minerale (meestal kalsium en fosfor) wat bevat word in 'n sekere volume van been. Beenmineraaldigtheidsmetings word gebruik om osteoporose ('n toestand gekenmerk deur verminderde beenmassa) te diagnoseer, om te bepaal hoe effektief osteorosebehandelings is en om te voorspel hoe waarskynlik die bene sal breek. Lae beenmineraaldigtheid kan voorkom in pasiënte wat vir kanker behandel word. Staan ook bekend as BMD, beendigtheid en beenmassa.
Industry:Health care
'n Klein klier wat steroïdehormone, adrenalien en noradrenalien vervaardig. Hierdie hormone help om die harttempo, bloeddruk en ander belangrike liggaamsfunksies te kontroleer. Daar is twee adrenale kliere - een bo-op elke nier. Staan ook bekend as suprarenale klier.
Industry:Health care