upload
United States Department of Health and Human Services
Industry: Government
Number of terms: 33950
Number of blossaries: 0
Company Profile:
United States Department of Health and Human Services, Radiation Emergency Medical Management
Opsuiging, wegsuiging of verwydering van 'n abnormale vloeistof uit die liggaam met behulp van 'n spuit, 'n hewel of 'n ander suigapparaat, bv. 'n aspirator. Aspirasie word onder andere toegepas by pleuritis en by koue absesse. Ook wanneer kos of vloeistof per ongeluk in die longe ingeasem word.
Industry:Health care
Kanker wat in weefsels in die bors ontwikkel, normaalweg in die buise wat melk na die tepel neem of in die lobules (kliere wat melk vervaardig); kanker in die melkklier(e). Dit kom voor in mans en vroue, alhoewel manlike borskanker seldsaam is.
Industry:Health care
Behandeling met medikasie, chirurgie of bestraling ten einde die produksie of werking van 'n hormoon te blokkeer. Antihormoonterapie kan in kankerbehandeling gebruik word omdat sekere hormone die groei van sekere soorte gewasse kan stimuleer.
Industry:Health care
In mediese terme, beskryf dit 'n gewas of siekte wat vinnig ontwikkel, groei of versprei. Dit kan ook behandeling beskryf wat meer intensief as normaalweg is.
Industry:Health care
Medikasie wat pyn, koors, inflammasie en bloedklonte verminder. Aspirien behoort aan die familie van medikasie wat as nie-steroïedale anti-inflammatoriese agente bekendstaan. Dit word ook in kankervoorkoming bestudeer.
Industry:Health care
In kliniese proefnemings vir kankervoorkoming verwys dit na 'n studie wat vasstel of die handelings wat mense doen, kanker kan voorkom.
Industry:Health care
Beskryf die relatiewe hoeveelheid van verskillende weefsels wat in die bors teenwoordig is. 'n Digte bors het minder vet as klieragtige en bindweefsel. Mammogramfilms van borste met hoër digtheid is moeiliker om te lees en interpreteer as dié met minder digte borste.
Industry:Health care
Medikasie wat baie soortgelyk is as natuurlike chemikalieë in 'n normale biochemiese reaksie in selle, maar verkillend genoeg om die normale verdeling en funksionering van selle te belemmer.
Industry:Health care
Gemoedsbeweging, opgewondenheid, ontsteldheid, senuweeagtige opwinding, onrus, gisting of spanning van die gemoedere. Die persoon kan baie angstig en prikkelbaar wees, en maklik deur klein dinge ontsteld word. Hy of sy kan gretig wees om 'n argument te begin en onwillig wees om met sorggewers saam te werk om die situasie te ontlont.
Industry:Health care
In gesondheidsorg, verwys dit na 'n proses wat gebruik word om meer oor 'n pasiënt se toestand uit te vind. Dit kan die volgende insluit: 'n volledige mediese geskiedenis, mediese toetse, 'n fisiese ondersoek, 'n toets om leervaardighede vas te stel, toetse om te bepaal of die pasiënte in staat is om die take in die daaglikse lewe uit te voer, 'n geestesgesondheidsevaluering en 'n oorsig van maatskaplike ondersteuning en gemeenskapshulpbronne wat vir die pasiënt beskikbaar is.
Industry:Health care
© 2025 CSOFT International, Ltd.