upload
United States Department of Health and Human Services
Industry: Government
Number of terms: 33950
Number of blossaries: 0
Company Profile:
United States Department of Health and Human Services, Radiation Emergency Medical Management
'n Gewas in die gedeelte van die brein wat aan die rugmurg (die breinstam) verbind word.
Industry:Health care
Enige stof wat 'n spesifieke immuunreaksie in die liggaam laat plaasvind.
Industry:Health care
Die groei van abnormale selle in die weefsels van die brein. Breingewasse kan nie-kwaadaardig (nie kanker nie) of kwaadaardig (kanker) wees.
Industry:Health care
'n Toestand waar die pituïtêre klier te veel groeihormone vervaardig nadat normale groei van die geraamte voltooi is. Dit veroorsaak dat die bene van die hande, voete, kop en gesig groter as normaalweg groei. Akromegalie kan deur 'n gewas op die pituïtêre klier veroorsaak word.
Industry:Health care
In die voorkoming van kanker, is dit 'n kliniese proefneming wat bepaal of die neem van sekere medikasie, vitamiene, minerale of voedselaanvullings kanker kan voorkom. Ook bekend as chemovoorkomende studie.
Industry:Health care
Intense vermeerdering van pyn wat vinnig plaasvind, selfs wanneer pynverligtingsmedikasie gebruik word. Deurbraakpyn kan spontaan plaasvind of aan 'n spesifieke aktiwiteit gekoppel wees.
Industry:Health care
Vloeistof wat van 'n klont, knop (dikwels 'n sist) of 'n tepel getrek word
Industry:Health care
Klieragtige orgaan wat op die bors geleë is. Die bors bestaan uit bindweefsel, vet en borsweefsel wat die kliere bevat wat melk kan vervaardig. Ook bekend as melkklier of borsklier.
Industry:Health care
'n Soort medikasie wat die werking van histamiene blokeer wat koors, gejeuk, niesery, lopende neus en waterige oë kan veroorsaak. Antihistamiene word gebruik om koors te verhoed by pasiënte wat bloedoortappings ontvang en om allergieë, hoed en verkoue te behandel.
Industry:Health care
Iets wat 'n toestand vererger. Byvoorbeeld: Sigaretrook is 'n verswarende faktor vir asma.
Industry:Health care
© 2025 CSOFT International, Ltd.