upload
United States Department of Health and Human Services
Industry: Government
Number of terms: 33950
Number of blossaries: 0
Company Profile:
United States Department of Health and Human Services, Radiation Emergency Medical Management
Kanker wat van die oorspronklike (primêre) gewas na die brein versprei het.
Industry:Health care
'n Genetiese toestand waar gewasse op die senuwees van die binne-oor vorm en gehoorverlies en verlies aan balans veroorsaak. Gewasse kan ook in die brein en op senuwees in die skedel en rugmurg voorkom en kan verlies van spraak, oogbeweging en die vermoë om te kan sluk, veroorsaak. Ook bekend as neurofibromatosis Tipe 2 en NF2.
Industry:Health care
Die gespierde kanaal wat van die baarmoeder tot die buitenste gedeelte van die liggaam strek. Ook bekend as die vagina.
Industry:Health care
In chemie en biologie: Chemiese aantrekkingskrag; die meer of minder groot neiging van elemente en verbindinge om met mekaar in verbinding te tree; edelmetale besit 'n geringe affiniteit tot suurstof.
Industry:Health care
En química i Biologia, la força de la attaction entre dues substàncies, com dos químics, o un antigen o un anticòs.
Industry:Health care
Longsiekte veroorsaak deur die inaseming van asbesdeeltjies of asbesstof ('n groep minerale wat die vorm van klein veseltjies aanneem). Simptome sluit hoes, asemhalingsprobleme en borspyn in wat deur littekens en permanente skade in longweefsel veroorsaak word. Asbestosis verhoog die risiko van longkanker en kwaadaardige mesotelioma (kanker gevind in die voering van die longe, bors of buik).
Industry:Health care
Die gedeelte van die brein wat met die rugmurg verbind is.
Industry:Health care
'n Siekte veroorsaak deur die verworwe immuungebreksindroom-virus (VIGS). Mense met verworwe immuungebreksindroom staar 'n groter risiko in die gesig om sekere kankers en infeksies op te doen wat normaalweg slegs in individue met 'n swak immuunstelsel voorkom. Ook bekend as HIV.
Industry:Health care
'n Stof wat die aktiwiteit van folienesuur blokkeer. Anti-folate word gebruik om kanker te behandel. Ook bekend as folate-antagonis.
Industry:Health care
'n Gewas wat in die gedeelte van die brein wat aan die rugmurg (die breimstam) verbind is, voorkom. Dit kan vinnig of stadig ontwikkel, afhangende van die ernstigheidsgraad van die gewas.
Industry:Health care
© 2025 CSOFT International, Ltd.