upload
United States Department of Health and Human Services
Industry: Government
Number of terms: 33950
Number of blossaries: 0
Company Profile:
United States Department of Health and Human Services, Radiation Emergency Medical Management
'n Chemiese proses waarin suurstof gebruik word om energie van koolhidrate (suikers) te vervaardig. Ook bekend as aërobiese metabolisme, sellrespirasie en oksidatiewe metabolisme.
Industry:Health care
Klein elektroniese toestel waarmee 'n swak of onreëlmatige hartklop in die geval van sekere hartkwale verbeter word deur die sametrekking van die hartspier op 'n kunsmatige manier te stimuleer en te reguleer. Dit gee elektriese impulse wat na die hart gestuur word, en wat gewoonlik chirurgies onder die vel ingeplant en met 'n draadjie met die hart verbind word, maar ook, gewoonlik as 'n tydelike maatreël, buite die liggaam gedra kan word. Dit funksioneer met batterye en het lang, dun draadjies wat dit na die hart verbind. Staan ook bekend as kardiale pasaangeër en pasaangeër.
Industry:Health care
Vlegwerk van senuwees wat aan die basis van die nek naby die klavikel geleë is; dit stuur seine van die rugraat na die arm en hand.
Industry:Health care
Medikasie wat naarheid en braking voorkom en verminder.
Industry:Health care
Die gekombineerde organe en weefsels van die respiratoriese kanaal en die boonste gedeelte van die spysverteringskanaal (insluitende die lippe, mond, tong, neus, keel, stembande en deel van die slukderm en lugpyp).
Industry:Health care
'n Soort bestralingsterapie waar radioaktiewe materiaal geseël in naalde, voerings, drade of kateters direk in of naby 'n gewas geplaas word. Ook bekend as inplatingbestralingsterapie, interne bestralingsterapie en bestralingsbragiterapie.
Industry:Health care
Vezelig weefsel dat vormt als een wond geneest.
Industry:Health care
Medikasie of 'n ander stof wat gebruik word om stuiptrekkings of konvulsies te verhoed of te stop. Staan ook bekend as antikonvulsant.
Industry:Health care
In mediese terme beteken dit om vloeistofmedikasie in 'n fyn mis te omskep sodat dit ingeasem kan word.
Industry:Health care
'n Veselagtige, draderige, buigsame, minerale delfstof. Asbes is onbrandbaar en 'n slegte warmtegeleier is en hoofsaaklik uit silikate bestaan; dit word in die tekstiel- en papiernywerheid verwerk en veral gebruik in gevalle waarby onbrandbaarheid van die materiaal 'n eerste vereiste is, o.a. voorskote en handskoene vir fabriekwerkers, toneelgordyne, rembande, vuurvaste bekleding of isolering Los asbesvesels wat in die longe ingeasem word kan verskeie ernstige siektes veroorsaak, insluitende longkanker en kwaadaardige mesotelioma (kanker gevind in die voering van die longe, bors of buik). Asbes wat ingesluk word kan kanker van die maagdermkanaal veroorsaak.
Industry:Health care
© 2025 CSOFT International, Ltd.