- Industry: Government
- Number of terms: 33950
- Number of blossaries: 0
- Company Profile:
United States Department of Health and Human Services, Radiation Emergency Medical Management
'n Stof wat gevorm word waneer rooibloedselle afgebreek word. Bilirubien is deel van gal wat in die lewer vervaardig word en in die galblaas gestoor word. Die abnormale opbou van bilirubien veroorsaak geelsug.
Industry:Health care
Kanker wat in die bloedvormende stamselle van die beenmurg (sagte, sponsagtige weefsel in die middel van die meeste bene)vorm aanneem. Beenmurgkanker sluit bloedkankers en veelvuldige miëloma in.
Industry:Health care
In mediese terme die verwydering of vernietiging van 'n liggaamsdeel of -weefsel of sy funksie. Ablasie kan uitgevoer word deur chirurgie, hormone, medikasie, radiofrekwensies, hitte of ander metodes.
Industry:Health care
Teenkanker-medikasie wat aan die familie teenkanker-antibiotika behoort.
Industry:Health care
Nie normaal nie. 'n Abnormale letsel of gewas kan kanker wees, semi-kwaadaardig (gaan waarskynlik kanker word) of nie-kwaadaardig (nie kanker nie).
Industry:Health care
In mediese terme, die daad om behandeling aan 'n pasiënt te gee, byvoorbeeld medikasie. Dit kan ook verwys na die manier waarop dit gegee word, die dosering, of hoe dikwels dit gegee word.
Industry:Health care
'n Stof wat 'n los mengsel aan mekaar heg. Byvoorbeeld, bindingsagente kan gebruik word om soliede tablette van los poeiers te maak.
Industry:Health care
'n Prosedure om beenmurg wat deur behandeling met hoë dosisse teenkanker-medikasie of bestraling vernietig is, te vervang. Oorplanting kan autologies ('n individu se eie murg word voor behandeling geberg), allogeneïs (murg word deur iemand anders geskenk of singeneïs (murg deur 'n identiese tweeling geskenk).
Industry:Health care
Die vermoë van medikasie of 'n ander stof om geabsobeer en gebruik te word deur die liggaam. Orale bio-beskikbaar beteken dat medikasie of ander stowwe wat deur die mond geneem word, deur die liggaam geabsorbeer en gebruik kan word.
Industry:Health care