Home > Term: Anoreksie nervosa
Anoreksie nervosa
Anoreksie is 'n siekte van selfuithongering. Dit begin aanvanklik as 'n buitengewone teësin in voedsel. Dit kom meestal by adolessente tot jong volwasse vroue voor, maar is ook in adolessente seuns en kinders so jonk as agt jaar aangetref. Anoreksielyers kan sosiale onttrekking, obsessief-kompulsiewe gedrag en depressie ervaar voordat hulle met anoreksie gediagnoseer word. Algemene simptome van anoreksie is uiterste gewigsverlies, ’n obsessie met kos, hiperaktiwiteit en ’n wanpersepsie oor liggaamsbeeld. Die pasiënte ontken dat hulle uitgehonger is en het ’n versteurde waarneming van die vorm en grootte van hul liggame.
- Sõnaliik: noun
- Valdkond/domeen: Health care
- Category: Cancer treatment
- Company: U.S. HHS
0
Looja
- collinleon
- 100% positive feedback
(Klerksdorp, South Africa)